Back to Africa Check

Covid-19 nie veroorsaak deur bakterie: mite herwin deur ’n paar details uit te ruil

Read this report in English.

Rusland het die eerste outopsie op ’n Covid 19-slagoffer uitgevoer, beweer ’n boodskap op Facebook, en het bevind dat die siekte deur ’n bestraalde bakterie veroorsaak word, nié deur ’n virus nie.

“Rusland het die eerste land ter wêreld geword wat ’n lykskouing (nadoodse ondersoek) vir ’n lyk van Covid-19 uitgevoer het,” lui dit. “Na ’n deeglike ondersoek is ontdek dat Covid-19 nie as ’n virus bestaan ​​nie, maar eerder as ’n bakterie wat blootgestel is aan bestraling en die dood van mense deur bloedstolling veroorsaak.”

Dit sê dat die inligting van die Russiese ministerie van gesondheid kom, maar geen amptelike bron word verskaf nie.

Die boodskap beweer ook dat Covid-19 genees kan word met antibiotika, anti-inflammatoriese middels en die algemeen beskikbare pynstillers aspirien en parasetamol.

Niks hiervan is egter waar nie. Die boodskap is amper identies aan ’n weergawe wat in Mei 2020 op sosiale media versprei is en deeglik ontluister is.

bakterie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Eers Italië, nou Rusland, steeds verkeerd

In Mei 2020 het Africa Check ’n boodskap as vals bewys wat beweer dat “die koronavirus-geneesmiddel uiteindelik gevind is” in Italië. Dit het gesê dat Italiaanse dokters ’n nadoodse ondersoek op ’n Covid 19-pasiënt uitgevoer het, en bevind het dat die siekte nie deur ’n virus nie, maar deur ’n bakterie veroorsaak word, en dat dit met asperien behandel kan word.

Selfs in daardie stadium is daar reeds vele nadoodse ondersoeke op Covid 19-pasiënte uitgevoer. Rusland het nie onlangs die eerste nadoodse ondersoek uitgevoer nie en geen van die nadoodse ondersoeke het aangedui dat Covid-19 deur ’n bakterie veroorsaak word nie.

Ons het ook opgemerk dat sommige weergawes van dié boodskap versprei en as vals bewys is in verskeie lande, insluitende Frankryk, Italië, Spanje, Duitsland en Ierland.

So hoe weet ons dat Covid-19 deur ’n virus veroorsaak word?

Beide virusse en bakterieë kan siekte veroorsaak, alhoewel hulle verskillend optree. Virusse is bondeltjies genetiese materiaal wat deur ’n proteïen-omhulsel bedek word. Hulle vermeerder slegs deur die selle van ander organismes soos diere en plante – selfs bakterieë – te kaap. Bakterieë is lewende enkelsel-organismes wat op hul eie kan voortplant.

Covid-19 word veroorsaak deur ’n virus wat Sars-CoV-2 genoem word. Dit is een van verskeie virusse wat koronavirusse genoem word oor hulle soos ’n kroon gevorm is (“corona” is die Latyn vir “kroon”). Sars-CoV-2 is al vele kere geïdentifiseer en gefotografeer, en die totale genetiese volgordebepaling van die virus is al herhaaldelik opgeteken en gepubliseer, selfs toe dit verander het en nuwe variante van die virus ontstaan het in die loop van die pandemie.

Veral van belang is dat bakterieë lewende organismes is en dus deur antibiotika doodgemaak kan word. (Die naam “antibiotika” is afgelei van Franse woorde wat losweg “teen” en “van lewe” beteken.) Virusse, daarteenoor, kan nie met antibiotika behandel word nie. Die gewone verdediging teen virale siektes is inentings, wat die kans dat ’n persoon die siekte sal opdoen verminder deur hul immuunstelsel te leer om die spesifieke virus te herken en te verwoes.

Antibiotika kan dus nie gebruik word om Covid-19 te behandel nie en pynstillers soos asperien kan jou nie teen die siekte inent nie.

Maar as iemand die virale siekte opdoen, kan die simptome van die siekte behandel word om sterfte of ernstige siekte te voorkom. Kan medisyne soos asperien help om Covid 19-simptome te voorkom?

Aspirien is geen Covid 19-behandeling – raadpleeg eerder jou dokter

Toe ons laas hierdie bewering aangespreek het, het ons verduidelik dat die Britse Nasionale Gesondheidsdiens (NHS) aandui dat daaglikse lae dosisse van asperien soms aanbeveel word om die bloed te verdun en hartaanvalle en beroertes te voorkom.

Ons het ook opgemerk dat bloedverdunnende medisyne oorweeg is as moontlike Covid 19-behandelings oor die verband tussen Covid-19 en ongewensde bloedklonte. Maar geen grootskaalse kliniese studies is uitgevoer om te wys dat dit ’n standaardmetode moet word om die siekte te behandel nie.

Sedertdien het verskeie studies bloedverdunnende medikasie ondersoek. ’n Meta-analise deur die American Society of Hematology guidelines panel het afgeraai dat bloedverdunnende medikasie gebruik word vir pasiënte wat nog nie met enige soort bloedklont gediagnoseer is nie of wat reeds bloedverdunnende medikasie gebruik vir ’n bestaande siektetoestand nie.

Die Amerikaanse National Institutes of Health (NIH) het soortgelyke aanbevelings gemaak en mense wat reeds bloedverdunnende medikasie gebruik aangeraai om daarmee voort te gaan, selfs al word hulle met Covid-19 gediagnoseer. Maar die NIH het nie aanbeveel dat asperien of enige soortgelyke medikasie as voorkomende maatreël gebruik word nie.

Die NHS waarsku: “Om ’n lae dosis aspirien te neem is nie vir almal veilig nie. Neem slegs ’n lae dosis asperien as jou dokter dit aanbeveel.” Aspirien kan ernstige newe-effekte hê.

Indien jy glo dat jy ’n bloedstollingkwaal het of om enige rede bloedverdunnende medikasie moet gebruik, moet jy jou dokter raadpleeg. Selfs al word jy met Covid-19 gediagnoseer, word aspirien en ander bloedverdunnende medikasie nie as behandeling vir die siekte aanbeveel nie.

Die effektiefste manier om te voorkom dat jy Covid-19 opdoen, is om ingeënt te word teen die siekte. Andersins moet jy ’n masker dra, nabye kontak met ander mense vermy en gereeld jou hande was.

Republish our content for free

We believe that everyone needs the facts.

You can republish the text of this article free of charge, both online and in print. However, we ask that you pay attention to these simple guidelines. In a nutshell:

1. Do not include images, as in most cases we do not own the copyright.

2. Please do not edit the article.

3. Make sure you credit "Africa Check" in the byline and don't forget to mention that the article was originally published on africacheck.org.

For publishers: what to do if your post is rated false

A fact-checker has rated your Facebook or Instagram post as “false”, “altered”, “partly false” or “missing context”. This could have serious consequences. What do you do?

Click on our guide for the steps you should follow.

Publishers guide

Africa Check teams up with Facebook

Africa Check is a partner in Meta's third-party fact-checking programme to help stop the spread of false information on social media.

The content we rate as “false” will be downgraded on Facebook and Instagram. This means fewer people will see it.

You can also help identify false information on Facebook. This guide explains how.

Add new comment

Restricted HTML

  • Allowed HTML tags: <a href hreflang> <em> <strong> <cite> <blockquote cite> <code> <ul type> <ol start type> <li> <dl> <dt> <dd> <h2 id> <h3 id> <h4 id> <h5 id> <h6 id>
  • Lines and paragraphs break automatically.
  • Web page addresses and email addresses turn into links automatically.
limit: 600 characters

Want to keep reading our fact-checks?

We will never charge you for verified, reliable information. Help us keep it that way by supporting our work.

Become a newsletter subscriber

Support independent fact-checking in Africa.